top of page
Klein Sterretjies.jpg

Welkom by

Klein Sterretjies!

 
Die speelgroep waar kleuters
so speel-speel al hoe slimmer word
 
 

Ons Missie en Visie

Klein Sterretjies is ‘n privaat speelgroep waar kleuters in ‘n liefdevolle omgewing kan speel en leer. 

Hier leef ons Christelike beginsels en waardes uit. Ons is eksklusief halfdag met al die

voordele daaraan verbonde.

Klein Klassies

Klein klassies (vir individuele aandag). Ons beperk die aantal kleuters in elke klas en ook in die skool.

​

​

​

Halfdag

Eksklusief halfdag. Gaan lees gerus onder Vorms meer hiervan.

​

​

Speelgrond

Groot en veilige speelgrond met wye verskeidenheid speelgoed. Onderdak-sandput, klimrame, fietse, klimmuur en vele meer!

​

​

​

2 Jaar – Gr RR

Ons verwelkom kleuters

2 jaar – GrRR

(en in sommige gevalle vanaf 18mnde). 'n Volledige grRR program word gevolg vir die kleuters wat die volgende jaar na

grR gaan.

​

​

​

Personeel

Ons personeel is baie ervare en liefdevol met kwalifikasies, maar tog jonk en energiek genoeg om met woelige kindertjies te werk.

​

​

​

Sekuriteit

Goeie en streng sekuriteit word gehandhaaf by

Klein Sterretjies.

​

​

​

Christenskap

Ons is ‘n Christelike speelgroep waar personeel ons waardes uitleef en deel met die kleuters.

​

​

​

'n Dag by

Klein Sterretjies Speelgroep

ONS GLO IN SPEEL

Speel is die manier waarop ‘n kleuter die beste leer, sensories ontwikkel, kreatief bly, sosiaal en emosioneel groei, en motories ontwikkel. Daar is genoeg tyd vir vryspel deur die loop van die oggend. Ons help hulle om maatjies te maak, begelei hulle om speletjies te begin, en ons help selfs om modder te maak! Moet asb nie ‘n skoon en netjiese kleuter verwag aan die einde van die speelgroep dag nie – dan was daar dalk nie genoeg speel nie!

A4 Paper PSD MockUp 4.png

2024
Aansoeke

Laai gerus die vorm af en stuur terug aan info@kleinsterre.co.za

So sê die mammas

"Juffrou Jolandé gaan uit haar pad om vir Danél spesiaal te laat voel en niks is te veel moeite vir haar nie."

 

Anika la Grange – vanaf 2022

bottom of page